EK SIT EN EK DINK EN EK WONDER
EN EK SIT EN EK DINK EN EK WONDER
EN EK ONTHOU TERWYL EK LAG
Hoe sou ek ooit kon raai
Dat jy my sou vind ,in die skemer van die dag
Dat jy na my sou draai, in my oë kyk en glimlag
Nie te lank, voordat jy al my drome sou bewaarheid en
My wildste ideale sou oortref
EN EK SIT EN EK DINK EN EK WONDER
EN EK ONTHOU TERWYL EK LAG
Steeds maak jy musiek, in die kamers van my siel
Ek het myself gevind in jou, en net hier is die
Enigste plek waar ek wil wees op aarde
VIREWIG
ALTYD en
NOU-HIER BY JOU
EN EK SIT EN EK DINK EN WONDER
EN EK ONTHOU TERWYL EK LAG
Steeds kyk ons saam in dieselfde rigting
Na môre 'n toekoms saam, en eendag na n leeftyd van
VREUGDE
LIEFDE en
GELUK
En die môres nie meer, so baie saak maak
Het ons steeds mekaar, tesame met kosbare herinneringe
Van 'n lewe gedeel met mekaar
EN EK SIT EN EK DINK EN EK WONDER
EN EK ONTHOU TERWYL EK LAG
STEEDS, IS JY DIE SPESIALE PERSOON WAT
MY HELE HART SE RUIMTE
MET MY HARTKLOP DEEL
EK SAL GEEN DAG SAAM JOU VERRUIL


|